Author: Francois

Die wêreld - verstaanbaar, kosbaar, noodsaaklik.

Ligene of korsmosse (Mycomycota)

deur François Durand   Ligene is ‘n simbiotiese struktuur wat uit ‘n swam en alge en/of sianobakterieë bestaan.  Die swam (die mikobiont) verskaf die water en minerale, terwyl die sianobakterieë of die alge (die fotobiont) voeding en energie deur fotosintese aan die ligeen verskaf. Alles dui daarop dat baie Sakswamme (Ascomycota) reeds van hul vroegste bestaan…
Read more


May 6, 2020 0

Steeltjiewamme (Basidiomycota)

deur François Durand Basidiomycota, of Steeltjieswamme, het gesepteerde hifes wat soms tweekernige selle (dit is wat Dikarya beteken) bevat.  Die miselium vervaardig geslagtelike spore in basidium wat ‘n mikroskopiese knuppelvormige voortplantingstruktuur is. Die Basidiomycota is ‘n groot groep onder die Fungi en bevat tans meer as 31 500 bekende spesies.  Dit vorm saam met die Ascomycota die…
Read more


May 6, 2020 0

Sakswamme of Askusswamme (Ascomycota)

deur François Durand   Ascomycota, of Sakswamme of Askusswamme, het gesepteerde hifes (met ander woorde daar is septas of dwarswande binne die hifes) wat soms tweekerninge selle (dit is wat Dikarya beteken) bevat.  Die Sakswamme vervaardig geslagtelike askospore in mikroskopiese askusse en nog kleiner ongeslagtelike spore wat as konidia bekend staan. Sakswamme kom van enkelsellige gisse…
Read more


April 16, 2020 0

Konjugasieswamme (Zygomycota)

deur François Durand Die Zygomycota (Konjugasieswamme of Jukswamme) bestaan uit meer as ‘n duisend bekende spesies.  Tradisioneel was alle swamme met sigospore in die Zygomycota ingedeel, maar genetiese studies dui daarop dat daar twee geneties verskillende groepe binne die Zygomycota is en die groep word dus deur sommige mikoloë in twee filums – die Mucoromycota en…
Read more


April 6, 2020 0

Potjieswamme (Chytridiomycota)

deur François Durand Die naam is afgelei van die Griekse woord χυτρίδιον: chytridion wat potjie bedoel.  Dit verwys na die mikroskopiese potjie-vormige sporangium, wat die soöspore huisves.  Die Potjieswamme is die enigste swamme wat soöspore het.  Die Potjieswamme se soöspore het slegs een sweepagtige flagellum i.p.v. twee flagella soos wat in Waterskimmels (Koninkryk Chromista) voorkom. …
Read more


April 6, 2020 0

Inleiding tot die swamme (koninkryk Fungi)

deur François Durand Swamme of fungi (die Latynse woord vir swamme) bestaan uit ‘n wye verskeidenheid organismes wat wissel van eensellige tot meersellige organismes wat gis, muf, skimmel, roes, rakswamme en paddastoele en nog verskeie ander insluit.  Die studie van swamme is mikologie en iemand wat navorsing op swamme doen is ‘n mikoloog.  Dit is onbekend…
Read more


April 6, 2020 0

Maak jou eie kompos

Bakterieë: Meeste bakterieë is nie gevaarlik vir mense en ander organismes nie.  Die hele ekologie is trouens van bakterieë afhanklik.  Om die punt te illustreer – die meeste lewe op aarde in massa, getal selle en ten opsigte van verspreiding, is bakterieë.  Bakterieë en Archaea was die eerste organismes op aarde en sal lank na…
Read more


March 2, 2020 0

Ons Fossielerfenis

Suid-Afrika is wêreldberoemd vir sy unieke fossielerfenis.  Daar word soms na Suid-Afrika as die geboorteplek van die mens, dinosouriërs en soogdiere verwys.  Dit is hier waar van die oudste en dikwels meeste fossiele van hierdie organismes gekry is.  Dit bedoel nie noodwendig dat hierdie diere in die oertyd slegs hier voorgekom het nie, maar wel…
Read more


March 2, 2020 0

Gondwanaland

Gondwanaland was die suidelike superkontinent wat tussen 550 en 180 miljoen jaar gelede bestaan het.  Dit was aan die noordelike superkontinent Laurasië gekoppel.  Die twee superkontinente saam staan as Pangea bekend.  Gondwanaland het ongeveer 200 miljoen jaar gelede begin opbreek en die kontinente Afrika, Suid-Amerika, Australië, Antarktika en Indië en die eilande Madagaskar en die…
Read more


March 2, 2020 0

Die Maan

deur François Durand Die Aarde se Maan Die maan is die aarde se enigste natuurlike satelliet.  Al die planete in die sonnestelsel buiten Mercurius en Venus het mane, sommige het selfs meer as een.  Saturnus het die meeste mane – 82, terwyl Jupiter 79 het.  Selfs die mikro-planete kan mane hê.    Daar is reeds meer…
Read more


March 2, 2020 0
error: Content is protected !!