Category: paleontologie

Die wêreld - verstaanbaar, kosbaar, noodsaaklik.

SINAPSIEDE 5: Woordelys

Aambeeld of inkus is die tweede oorbeentjie of oorossikel in die middeloor van soogdiere.  Dit is tussen die hamer (malleus) en die stiebeuel (stapes) geleë.  Dit het vanuit die reptiel-kaakskarnierbeentjie, die kwadraat, ontstaan. Aasvreter is ‘n dier wat karkasse van dooie diere vreet.  Aasvreters sluit werwediere soos hiënas en jakkalse in, maar ook talle ongewerweldes…
Read more


March 13, 2024 0

Sinapsiede 4: Die ontstaan van soogdiere

SINAPSIEDE 4: Die ontstaan van soogdiere François Durand   Hoekom word kuonodontiërs, wat volgens alle aanduidings reeds warmbloedig was, gesoog het en hare gehad het, as reptiele beskou en nie as soogdiere nie? Uiteindelik, na ‘n jarelange debat oor die onderskeid tussen soogdiere en reptiele, het paleontoloë besluit om die getal gehoorbeentjies te gebruik om…
Read more


July 21, 2021 0

Sinapsiede 3: Theriodontia – die karnivoriese sinapsiede

  SINAPSIEDE 3: Theriodontia – die karnivoriese sinapsiede François Durand Een van die interessante dinge van die evolusie van werweldiere is dat meeste groepe vanuit karnivoriese voorouers ontstaan.  In die geval van landlewende werweldiere – basale tetrapode, amfibieërs, die eerste reptiele (amniote), akkedisse, sinapsiede, theriodonte, archosauriformes en die eerste voëls was almal klein (onder 70…
Read more


July 12, 2021 0

Sinapsiede 2: Anomodonte (herbivoriese sinapsiede)

SINAPSIEDE 2: Anomodontia – die herbivoriese sinapsiede François Durand   Anomodonte (Anomodontia) is ‘n groep herbivoriese therapsiede wat wêreldwyd in die Perm en Trias Periodes voorgekom het.  Die anomodonte het die groepe soos Venyukovioidea, Dromasauria en die Dicynodontia ingesluit.  Slegs die Dicynodontia het tot in die Laat Perm Periode oorleef.  Die Dicynodontia was die volopste…
Read more


June 28, 2021 0

Sinapsiede 1: Inleiding – Die sinapsiede (soogdieragtige reptiele)

SINAPSIEDE EN DIE ONTSTAAN VAN SOOGDIERE 1: Inleiding: Die sinapsiede (soogdieragtige reptiele) François Durand   Wat is ‘n sinapsied? Die sinapsiede (Synapsida), of soogdieragtige reptiele, het vanuit die stamreptiele, of basale amniote (die heel eerste werweldiere wat eiers, met doppe en ‘n amnionmembraan om die embrio, op land gelê het), in die Karboon Periode ontstaan.…
Read more


June 20, 2021 0

SINAPSIEDE en die ontstaan van soogdiere

SINAPSIEDE 1: Inleiding: die sinapsiede (soogdieragtige reptiele) SINAPSIEDE 2: Die Anomodontia (herbivoriese sinapsiede) SINAPSIEDE 3: Die Theriodontia (karnivoriese sinapsiede) SINAPSIEDE 4: Die eerste soogdiere SINAPSIEDE 5: Woordelys


June 20, 2021 0

ARCHOSAURIA 2: Basale Archosauriformes

ARCHOSAURIA 2: Basale Archosauriformes François Durand Die klassifikasie van die argosauriërs (Archosauria) word heeltyd hersien soos wat nuwe inligting ontdek word.  Dit het daartoe gelei dat oerreptiele soos Proterosuchia, Euparkeria en Erythrosuchus, wat oorspronklik as die Thecodontia bekend gestaan het, nou nie meer as argosauriërs beskou word nie, maar as die basale (primitiewe) Archosauriformes geklassifiseer…
Read more


June 19, 2021 0

ARCHOSAURIA 1: Inleiding

ARCHOSAURIA 1: Inleiding François Durand Meeste van die hooftakke van die reptiele het reeds in die Karboon Periode ontstaan.  Die sinapsiede of soogdieragtige reptiele het eerste vanuit die primitiewe stamreptiele reeds, ongeveer 312 miljoen jaar gelede ontstaan.  Daarna het die Parareptilia (wat die anapsiede insluit) ongeveer 306 miljoen jaar gelede ontstaan.  Laastens het die diapsiede…
Read more


June 6, 2021 0

Evolusie van die mens 4: Die Vermiste Skakel

DIE EVOLUSIE VAN DIE MENS 4: DIE VERMISTE SKAKEL François Durand Darwin In 1871 maak Charles Darwin in sy boek The Descent of Man die volgende profetiese stelling: “In each great region of the world the living mammals are closely related to the extinct species of the same region.  It is, therefore, probable that Africa…
Read more


June 1, 2021 0

Die ontstaan van lewe

DIE ONTSTAAN VAN LEWE François Durand Een van die belangrikste vrae wat jy sekerlik in jou lewe kan vra is: “waar kom ek vandaan?”  Natuurlik is daar ander, soos: “wie is ek?”, “wat doen ek hier?”, “wat is my rol op Aarde?”, maar daardie vrae is meer filosofies, terwyl die eerste vraag ‘n wetenskaplike antwoord…
Read more


May 22, 2021 0
error: Content is protected !!