Author: Francois

Die wêreld - verstaanbaar, kosbaar, noodsaaklik.

Die oor

Die Oor Waarneming van klank, rotasie, versnelling en aantrekkingskrag (met ander woorde vier sintuie – nie slegs een nie!) Die oor is ‘n komplekse orgaan wat verskeie funksies verrig, waarvan gehoor maar net een is. Maar eerstens moet ons ‘n paar terme en begrippe verduidelik sodat almal verstaan waarvan ons praat. Kom ons begin by…
Read more


October 30, 2023 0

Pineale klier

Aangesien sintuie spesiale organe of strukture is wat inligting van die omgewing na die brein oordra, moet mens noodwendig die pineale klier en natuurlik die gepaardgaande pariëtale oog, wat in talle werweldiere voorkom, ook as ‘n sintuig klassifiseer. Meeste werweldiere het ‘n pineale klier of epifise.  Daar is egter ‘n paar tropiese soogdiere wat oor…
Read more


October 16, 2023 0

Anatomie

Bloedvatstelsel Spysverteringstelsel Senuweestelsel en SIntuie Voortplantingstelsel Skelet Endokriene stelsel


October 3, 2023 0

Die Oog

Sig: die vermoë om lig, beweging, vorm en kleur te sien Die oog het oorspronklik ontwikkel om lig te kan waarneem.  Sigbare lig vorm ‘n bitter klein deeltjie van die elektromagnetiese spektrum.  Dit is eintlik ‘n vreemde konsep dat mens (en natuurlik baie diere) ‘n deel van die elektromagnetiese spektrum kan waarneem.  Dit is eintlik…
Read more


October 3, 2023 0

Tegnologie & Fisika Take (meganies, elektronies, hidroulies)

Blits Elektries en Hardeware in Pretoria verskaf taakstelle met materiale vir tegnologie en fisika skooltake. Dit is die ideale oplossing vir ouers wat saans moeg van die werk huis toe kom net om te hoor dat hul kind ‘n taak die volgende week moet inhandig en nie die tyd kry of weet waar om te…
Read more


July 27, 2023 0

Die storie van die kalender

Hoekom weet ons wanneer Kersfees is maar nie Paasfees nie? François Durand Kalenders is eintlik vreemde verskynsels, al is ons hoe gewoond daaraan.  Na ‘n leeftyd van verwyte oor vergete verjaarsdae, gemiste afsprake, boetes vir laat belastingopgawes, wens ek soms dat ek ‘n Boesman is.  Ek vermoed dat Boesmans nie verjaarsdae vier nie, nie afsprake…
Read more


June 28, 2023 0

Hy is in die konsistorie omgeruil

François Durand Die onderwerp waaroor ek hier gaan praat gaan van die diepste geheime van ons Europese volksgelowe ontbloot.  Dit is die verhaal van trolle, dwerge en feë en dit is, anders as wat jy mag dink, ‘n gruwelverhaal en nie ‘n sprokie nie. Eerstens: wat ons vandag as sprokies beskou, was oorspronklik deel van…
Read more


June 26, 2023 0

Waar kom name vandaan?

François Durand   In jagter-versamelaar gemeenskappe, waar mans meestal jag en vrouens meestal versamel, het mense name uit die omgewing of hul gedrag gekry.  Onder die Noord-Amerikaanse inboorlinge is daar name soos: Witwolk, Bewer, Sy wat altyd speel, Daglig, Bloeisel, Eerste wat dans, ens.  Hier in Suid-Afrika was die gebruik dieselfde onder die Khoi-San mense. …
Read more


June 19, 2023 0

Hoekom is daar ‘n haan op die kerktoring?

François Durand Toe ek klein was, was ek onder die indruk dat die hoenderhaan op die kerktoring ‘n Afrikaner ding was.  Daar was nie hoenderhane op die Katolieke Kerk se toring nie, of die Metodiste s’n nie en ook nie op die Apostoliese Kerk se dak nie.  Ek het gedink dat dit maar seker ons…
Read more


June 12, 2023 0

Waar kom vloekwoorde vandaan?

François Durand Ek het eenkeer iemand hoor sê dat Afrikaans een van die tale is wat die meeste vloekwoorde het.  Toe word die afleiding gemaak dat dit sekerlik is omdat ons so vuilbekkig is, swak smaak het, onopgevoed en platvloers is.  Ek stem nie saam nie – ek dink ons het die teenoorgestelde probleem: weens…
Read more


June 5, 2023 0
error: Content is protected !!