Author: Francois

Die wêreld - verstaanbaar, kosbaar, noodsaaklik.

Klas Cephalopoda – die Koppotiges

Die koppotiges of kefalopode soos seekatte, inkvisse en nautilusse is ‘n besondere groep weekdiere wat talle unieke eienskappe besit – sekere koppotiges soos die reuse pylinkvis is die grootste ongewerwelde dier op Aarde.  Koppotiges het die grootste breins van alle ongewerweldes en vertoon komplekse gedrag soos probleemoplossing.  Koppotiges se brein en oë is in grootte…
Read more


January 2, 2024 0

Klas Bivalvia – die Tweekleppiges

Die tweekleppiges het in die vorige eeue as die Lamellibranchiata of die Pelycopoda bekend gestaan.  Daar is ongeveer 15 000 spesies wat wêreldwyd hoofsaaklik in seewater maar ook in varswater kan voorkom.  Die tweekleppiges sluit mossels, oesters, kamoesters, kokkels en talle ander tweekleppige families in.  Tweekleppiges verskyn vir die eerste keer in die Kambriese Periode…
Read more


January 2, 2024 0

Gastropoda – Die Buikpotiges

Die buikpotiges of gastropode (klas Gastropoda) is, naas insekte, die grootste klas dierspesies op aarde en word deur ongeveer 85 000 spesies benaamde slakke en naakslakke verteenwoordig.  Die vermoede bestaan dat daar ongeveer 240 000 slakspesies is, waarvan meeste natuurlik nog nie ontdek is nie.  Buikpotiges is die volopste groep weekdiere en kom in die see,…
Read more


January 2, 2024 0

Inleiding tot die weekdiere

Weekdiere is naas die geleedpotiges (filum Arthropoda) die grootste groep bekende dierspesies.  Twee belangrike punte word in hierdie skynbaar onskuldige sinnetjie aangeraak: “meeste spesies” is nie dieselfde as “meeste diere” nie, dus kan mens nie die uitdrukking gebruik: “die tweede grootste groep diere” as jy eintlik na die tweede grootste groep bekende spesies verwys nie. …
Read more


January 2, 2024 0

Weekdiere (filum Mollusca)

Inleiding tot die Weekdiere Klas Gastropoda – die Buikpotiges Klas Bivalvia – die Tweekleppiges Klas Cephalopoda – die Koppotiges Klas Scaphopoda – die Tandskulpe Klas Polyplacophora – die Kewerslakke Klas Monoplacophora – die Oereenskulpiges Aplacophora (Klas Caudofoveata en Klas Solenogastres) Mense en weekdiere Weekdiere Bronnelys Weekdiere Woordelys


January 2, 2024 0

Magnetoresepsie

Magnetoresepsie – die vermoë om die Aarde se magneetveld waar te neem. Sintuie, wat die magneetveld van die Aarde waarneem, kom in geleedpotiges, weekdiere en werweldiere voor.  Hierdie vermoë word hoofsaaklik vir ruimtelike oriëntasie en navigasie gebruik.  Dit moet nie verwar word met sintuie wat die Aarde se gravitasie-aantrekkingskrag waarneem nie. Talle eksperimente is op…
Read more


December 18, 2023 0

Elektroresepsie

Elektroresepsie: die vermoë om elektriese velde waar te neem Ek weet hoe dit klink – soos wetenskapfiksie nê?  Maar dit is net omdat ons self nie hierdie vermoë het nie en dus klink dit vergesog.  Tog is daar diere wat wel elektriese velde, en selfs magneetvelde (lees die volgende hoofstuk) kan waarneem. Die eerste ding…
Read more


December 18, 2023 0

Die vel

Die waarneming van tas, temperatuur, druk, vibrasies, pyn en strekking – talle sintuie dus en nie slegs een sintuig nie!   Tas, of die vermoë om aanraking te voel, en die vermoë om chemikalieë waar te neem (in meer gevorderde diere word laasgenoemde sensoriese vermoë in smaak en reuk verdeel) is die oudste sintuie in…
Read more


December 4, 2023 0

Die Tong

Die waarneming van smaak Die werklike smaaksintuig is smaakpapille waarvan meeste op die boonste oppervlak van die tong voorkom.  Daar is egter ook smaakpapille op die sagte verhemelte, die boonste deel van die slukderm, die binnekante van die wange en die epiglottis.  Daar is vier tipes papille wat op die mens se tong voorkom naamlik…
Read more


November 23, 2023 0

Die neus

Die waarneming van reuke en feromone Reuk Reuk is een van daardie sintuie wat erg onderskat en onderwaardeer word – neem nou maar Suid-Afrika waar dit glad nie eens in die hoërskoolkurrikulum gedek word nie.  Mens kry nie juis reukdokters nie of smaakdokters nie, daarenteen kry mens oor- en oogsjirurge, oog- en oorinstitute, gehoorapparate en…
Read more


November 13, 2023 0
error: Content is protected !!