Plastiek en jou gesondheid
Plastiek is letterlik orals -deesdae selfs in jou lyf. Plastiek kom deesdae in moedersmelk voor en babas word met plastiek in hul lyfies gebore. Terselfdertyd lei mense – veral dié met ‘n Westerse lewensstyl – aan al hoe meer aan siektes soos kankers, onvrugbaarheid, endokrienversteurings en neurologiese probleme wat tot onlangs onverklaarbaar was.
Ongelukkig skep mense heeltyd nuwe chemiese verbindings wat ons vir nuttige goed aanwend, sonder dat die effek daarvan op mense en die natuur getoets word. Kyk bietjie om jou rond – is daar enigiets in jou omgewing wat nie sinteties – m.a.w. mensgemaak – is nie? Die verf op jou mure is van plastiek , jou rekenaar, selfoon of TV waarop jy hierdie artikel lees is van plastiek, die hout van jou meubels is met vernis, wat ‘n tipe vloeibare plastiek is, behandel, selfs jou klere aan jou lyf bevat plastiek.d Nou-nou gaan jy kombuis toe waar die blaaie van die kaste met melamien – ‘n tipe plastiek – bedek is, Jy haal kos uit ‘n plastiekbakke uit jou plastiekbedekte yskas en sit dit in ‘n mikrogolfoondbakkie wat waarskynlik van plastiek gemaak is. Jy tap water uit die kraan wat aan ‘n plastiekpyp gekoppel is, skep met ‘n plastiek lepel koffie uit ‘n koffieblik wat met ‘n plastiekfilm bedek is en gooi melk in jou koffie uit ‘n plastiekbottel of kartondoos wat binne met plastiek uitgevoer is.
Hoe dink jy dat jy nie plastiek in jou lyf het nie? Nou nou gee jy die baba melk in ‘n plastiekbottel wat jy met kookwater in die mikrogolf gesteriseer het en voer hom babapap uit ‘n plastiekbakkie met ‘n plastieklepel voor jy hom ‘n plastiek en rubber fopspeen gee en met plastiekspeelgoed laat speel waaraan hy kan kou. Hoe dink jy gaan jou baba nie van kleins af plastiek in sy lyfie opneem nie en eendag geweldige gesondheidsprobleme kan ontwikkel nie?
Endokrienversteurders
Daar is talle chemikalieë in ons omgewing wat as endokrienversteurders kan optree, soos gifstowwe op jou kos en in die water, swaar metale in water en natuurlik plastiek. In hierdie hoofstuk praat ek net van die effek van plastiek om menslike gesondheid maar sal die effek van gifstowwe en waterkwaliteit in volgende hoofstukke bespreek.
Eerstens iets oor die endokriene stelsel en hoekom dit lewensbelangrik is: die endokriene stelsel bestaan uit al die endokriene kliere (pineale-, skild-, byskild-, adrenalien- en pituïtêre kliere, die pankreas, eierstokke en testikels) wat hormone direk in die bloedvatstelsel afskei sodat dit na afgeleë organe gestuur kan word en die funksies daarvan so beheer. Enige versteuring in die hoeveelheid hormone wat deur hierdie kliere vervaardig word en die afskeiding, vervoer, absorbsie daarvan deur die teikenorgaan, die binding daarvan aan die teikenmolekules in die orgaan, of metaboliese werking daarvan, of die eliminasie na gebruik daarvan, belemmer, kan tot geweldige gesondheidsprobleme en selfs die dood lei (Landrigan, et al., 2020).
Endokrienversteurders inhibeer die produksie, afskeiding, vervoer, opname, binding en funksie van die hormone wat vir homeostase, voortplanting en ontwikkeling (insluitend die ontwikkeling van die geslagsorgane, senuweestelsel en immuunstelsel) van die mens noodsaaklik is. Die blootstelling aan endokrienversteurders het dus geweldige negatiewe impak op die fetus, baba en klein kindertjies en het dus ‘n negatiewe impak op die ontwikkeling van die kind, en word met kanker, outisme en ander siektetoestande verbind (Street & Bernasconi, 2020). Endokrienversteurders in die moeder se liggaam sal versoorsaak dat sy dit deur die plasenta en moedersmelk aan die baba oordra. Wanneer dit in die bloed van die baba beland kan hierdie chemikalieë tot in die brein van die baba deurdring en tot op toksiese vlakke daar opbou (Dutta et al., 2020; Etzel, 2020; Denuzière & Ghersi-Egea, 2022). Endokrienversteurders tas die lewens van miljoene der miljoene mense aan en veroorsaak siektes, gestremdheid en voortydige dood (Kassotis et al., 2020).
Endokrienversteurders (PCB’sse, ftalate) se effek op voortplanting
Endokrienversteurders soos BPA’s, PCB’sse en ftalate versteur die geslagshormone androgeen en estrogeen wat die ontwikkeling van die geslagsorgane in kinders en die funksie daarvan as volwassenes belemmer. Die gevolg hiervan is vroeë geboortes, geboortedefekte, babasterftes en ‘n afname in vrugbaarheid (Street & Bernasconi, 2020; Gore et al. 2015)
Poligechlorineerde bifeniele (polychlorinated biphenyls) (PCB’sse) kom as reuklose en smaaklose olierige vloeistowwe, gasse of vastestowwe voor wat mens deur besmette diervette, inaseming en velkontak opneem. Blootstelling aan PCB’sse onderdruk die immuunstelsel wat mens aan talle siektes blootstel, dit belemmer breinontwikkeling in die fetus en ontwikkelende baba en dit veroorsaak kindersterftes en steriliteit. PCB’s is in elektriese komponente as insulators gebruik en het, omdat dit duursame verbindings is, in die omgewing opgebou en dus word mens heeltyd daaraan blootgestel (Agency for Toxic Substances and Disease Registry, 2021). PCB’sse veroorsaak tumors en vererger die effek van ander kankervormende verbindings. Wanneer swanger vrouens aan PCB’sse blootgestel word, inhibeer dit die breinontwikkeling van die fetus wat die kind se IK negatief beïnvloed en gedragsversteurings veroorsaak. PCB’sse verander skildklier- en voortplantingsfunksies en verhoog die risiko van lae geboortegewig van babas, bloedvatsiektes, lewersiektes en suikersiekte (Carpenter, 2006; Gore et al. 2015).
Waarteenoor PCB’sse vanaf 1979 in die VSA verban is, word bisfenol A (bisphenol A) of BPA al hoe meer gebruik in produkte soos polikarbonaat-plastiek, epoksieharse, polieteleen (PE) en polipropileen (PP), vinielchloried, polistireen, polivinielchloried (PVC) en etielglikol en polietileentereftalaat (PET) (World Health Organization, Food and Agriculture Organization of the United Nations, 2023). Buiten vir die gebruik in talle plastiekprodukte soos kratte, houers, handvatsels, tandeborsels, bekers, borde, messegoed, speelgoed, fopspene en ander voorwerpe in jou huis, word hierdie tipe plastieke in waterpype, kosverpakking, waterbottels, bababottels, die beskermende lagie binne blikke, kartondose met vrugtesap, teesakkies, plastieksakke binne kartondose met kos, die kleefplastiek bo-oor kaas en ander kosse – trouens amper orals, aangetref. Met ander woorde jy eet en drink heeltyd BPA’s wat vinnig en maklik deur die spysverteringstelsel opgeneem word. BPA’s is kragtige endokriene versteurders wat vir vrugbaarheidsprobleme in mans verantwoordelik is. Dit het ‘n estrogeenagtige effek op die liggaam en inhibeer androgeen hormoon vervaardiging, dit het ook ‘n negatiewe effek op die immuunstelsel, die neuro-endokriene stelsel. Dit kan ook kankervormend wees (Manzoor et al., 2022; Trasande et al., 2022).
Van die ergste endokrienversteurders en kankervormende plastieke wat ons sovêr opgespoor het is ftalate (phthalates) en polichlorineerde bifeniele (polychlorinated biphenyls) of PCBs. Ftalate was in verskeie produkte gebruik, onder andere in bababottels! Deesdae word dit in die maak van bababottels verban, maar word nog steeds in honderde producte soos viniel wat op vloere en kombuisoppervlaktes gebruik word, seep, sjampoe, olies, plastiekverpakking, tuinslange en mediese buise gebruik – met ander woorde ftalate kom in die kombuisoppervlak waarop jy kos voorberei, die vloer waarop jou baba kruip, jou skoonmaakmiddels en jou groente wat jy met die tuinslang spuit, voor. Blootstelling aan ftalate kan geenuitdrukking inhibeer, fisiologiese veranderings, asma, diabetes tipe II, insulienweerstandigheid en vetsug veroorsaak en die vervaardiging van androgeen, estrogeen en sperms belemmer (Centres for Disease Control and Prevention, 2021; Wang & Qian, 2021). Ftalate kan as anti-androgene in die ontwikkelende senuweestelsel optree wat die normale geslagspesifieke ontwikkeling van die brein belemmer wat gedragsafwykings in seuntjies veroorsaak (Swan et al., 2010). Ftalate kan ook die vervaardiging van estrogeen belemmer wat die skildklierfunksies belemmer wat ‘n erge negatiewe impak op die ontwikkeling van die brein van die baba het. Voorgeboortelike blootstelling aan ftalate het ‘n negatiewe impak op die hipotalamus se ontwikkeling, die konsentrasie van testosteroon en op geslagspesifieke neurologiese gedrag (Inadera, 2015).
Metaboliese toksisiteit van Endokrienversteurders
Sekere endokrienversteurders belemmer die funksies van die skildklierhormone wat energiemetabolise regdeur die liggaam belemmer (Yilmaz et al., 2020). Sekere endokrienversteurders wat obesogene genoem word, herprogrammeer die insulien-glukagon proses van die pankreas wat aptyt en die energiebalans in die liggaam beheer wat obesiteit, suikersiekte, hartsiektes en beroertes veroorsaak (Gore et al. 2015; Fu et al., 2020; Yilmaz et al., 2020; Oladipe & Uadia, 2022). Mense wat aan BPA’s blootgestel word kan ook nierprobleme ontwikkel (Moreno-Gómez-Toledano R et al., 2021).
Neurotoksisiteit
Sekere verbindings in plastiek is, benewens die feit dat hulle endokrienversteurders is, ook spesifiek neurotoksies – met ander woorde hulle het ‘n geweldige negatiewe impak op breinfunksie, breinontwikkeling enp die funskionering van die senuweestelsel en veroorsaak gedragsprobleme.
Reeds in die baarmoeder kan die fetus breinskade weens blootstelling aan hierdie chemikalieë opdoen. Kinders vanaf die fetus tot en met hul eerste lewensjare is geweldig sensitief vir hierdie neurotoksiene omdat hulle senuweestelsels, en spesifiek die brein in die eerste duisend dae van hulle lewens geweldig vinnig moet ontwikkel. Natuurlik gaan breingroei aan tot volwassenheid bereik word. Van die skade wat kinders weens blootstelling aan neurotoksiene kan opdoen is senuweeontwikkelingsversteurings, gedragsveranderings en verminderde kognitiewe funksies (verlaagde IK). Dit is moontlik dat blootstelling aan hierdie neurotoksiene verantwoordelik is vir dimensie en ander neurodegeneratiewe siektes soos mens ouer word (Lebel & Deoni, 2018; Casey et al., 2000).
Dit is duidelik dat gedragsversteurings in kinders al hoe meer algemeen word. Dit sluit outisme, ADHD, kognitiewe degenerasie, disleksie en ander gedragsprobleme (Grandjean & Landrigan, 2014; Tran & Miyake, 2017). Ongeveer een uit ses kinders in die VSA het ‘n neuroontwikkelingsversteuring – dit is ongeveer 17% van alle kinders! (Cogswell et al., 2022). Daar was selfs bevind dat die gemiddelde breinvolume van kinders aan die afneem is. Hierdie neurologiese degenerasie word met blootstelling aan chemikalieë in plastiek verbind (Rauh & Margolis, 2016; Tran & Miyake, 2017).
Die kompleksiteit van die mens se brein en die delikate prosesse wat by die ontwikkeling van die menslike brein betrokke is maak dit geweldig kwesbaar vir selfs die kleinste dosisse van neurotoksiene tydens ontwikkeling van die baba (Grandjean & Landrigan, 2014; Etzel, 2015; Gore et al., 2015; Rauh & Margolis, 2016; Li et al., 2019; Dutta et al., 2020; Street & Bernasconi, 2020).
Dit was onlangs bevind dat talle chemikalieë, wat ons oorspronklik gedink veilig is omdat volwasse mense weinig tot geen negatiewe effekte daarvan toon nie, eintlik geweldige neurologiese skade aan babas en kinders veroorsaak (Engel et al., 2010; Swan et al., 2010; Factor-Litvak et al., 2014; Rauh & Margolis, 2016; Balalian et al., 2019; Giuliani et al., 2020; Engel et al., 2022). Breinskade wat deur blootstelling aan toksiese chemikalieë as fetus, baba of kind veroorsaak word, is gewoonlik chronies, onomkeerbaar en moeilik om te behandel (Grandjean & Landrigan, 2014). Die heel beste strategie om hierdie tragedie te voorkom, is om die ongebore baba tot kind, met sy ontwikkelende brein, nooit aan neurotoksiene bloot te stel nie (Grandjean & Landrigan, 2014; Landrigan et al.; 2019; Lam et al., 2022).
Wanneer swanger vrouens aan PCB’sse blootgestel is, het hulle kinders ‘n laer IK en probleme met motoriese vaardighede, aandag en geheue (Jacobson et al., 1990; Patandin et al., 1999; Berghuis et al., 2013; Ethier et al., 2015; Vreugdenhil et al., 2002;).
Wanneer swanger vrouens aan ftalalte blootgestel word kan hulle kinders kry wat op die outistiese spektrum is (Ejaredar et al, 2015; Ponsonby, 2020, Radke et al., 2020). Hierdie kinders het ook dikwels swak motoriese vaardighede en Aandaggebrek-Hiperaktiwiteitsteuring (AGHS) (Engel et al., 2010; Balalian et al., 2019; Radke et al., 2020). Kinders wat aan ftalate blootgestel word lei ook aan aggressie, depressie, aandagprobleme en verminderde eksekutiewe vermoeëns (Engel et al., 2010). Kinders van ma’s wat aan sekere ftalate blootgestel is toe hulle swanger was, se IK was laer en hul taalbegrip-vermoëns swakker as dié van ander kinders (Factor-Litvak et al., 2014; Radke et al., 2020).
Kinders wat voorgeboorte en op ‘n jong ouderdom aan BPA’s blootgestel is sukkel met ooraktiwiteit, aggressie, depressie, angs en ander emosionele en gedragsprobleme (Braun et al., 2009; Perera et al., 2012; Ejaredar, 2017). Sekere gedragsprobleme soos ontrekking, depressie, ongehoorsaamheid en opstandigheid kom meer dikwels in seuns as in dogters voor wat daarop dui dat die effek van BPA’s verskillende effekte op die ontwikkelende brein van die fetus van verskillende geslagte het (Evans et al., 2014).
Ek weet dat daar nou baie mense gaan wees wat radeloos gaan sê maar wat anders? Alle kos is in plastiek verpak! Sintetiese vesels is in al klere wat ek in die hande kan kry, pastiekhouers en plastiekpype dis die enigste manier hoe ek water in die hande kan kry, PVC is al verf wat daar was, alle speelgoed is van plastiek! Ons het geen keuse nie! Maar dit is nie waar nie. Hoe het mense twee, drie geslagte gelede geleef? Hulle het tog in huise gebly, klere gedra en kos geëet! Maar daar was ook slagters, bakkers, melkerye en groentewinkels waar mens kon kos koop wat nie in plastiek verpak is nie. Trouens, daardie winkels is nog steeds tussen die woonbuurtes en supermakte versteek. Dit is net veel veel makliker vir mense om vinnig na ‘n supermark te gaan en al hulle inkopies in plastiek daar te gaan doen as om die plastieklose alternatief te kies. Lees meer hieroor in die volgende hoofstuk: Die wêreld van plastiek.
Verwysings:
Balalian AA, Whyatt RM, Liu X, et al. (2019). Prenatal and childhood exposure to phthalates and motor skills at age 11 years. Environ Res. 171: 416–427.
Berghuis SA, Soechitram SD, Hitzert MM, Sauer PJJ, Bos AF. (2013). Prenatal exposure to polychlorinated biphenyls and their hydroxylated metabolites is associated with motor development of three-monthold infants. NeuroToxicology. 38: 124–130. DOI:
Braun JM, Yolton K, Dietrich KN, et al. (2009). Prenatal bisphenol A exposure and early childhood behavior. Environ Health Perspect. 117(12): 1945–1952.
Carpenter, D.O. (2006). Polychlorinated biphenyls (PCBs): routes of exposure and effects on human health. Rev Environ Health. Jan-Mar;21(1):1-23.
Casey BJ, Giedd JN & Thomas KM. (2000). Structural and functional brain development and its relation to cognitive development. Biol Psychol. 54(1): 241–257.
Centres for Disease Control and Prevention. (2021). Phthalates Factsheet. National Biomonitoring Program.
Cogswell ME, Coil E, Tian LH, et al. Health needs and use of services among children with developmental disabilities — United States, 2014–2018. 2022; 71(12): 6.
Denuzière A, Ghersi-Egea JF. (2022). Cerebral concentration and toxicity of endocrine disrupting chemicals: the implication of blood-brain interfaces. NeuroToxicology. 2022; 91: 100–118.
Dutta S, Haggerty DK, Rappolee DA, Ruden DM. (2020). Phthalate exposure and long-term epigenomic consequences: a review. Front Genet. 2020; 11: 405.
Ejaredar M, Nyanza EC, Ten Eycke K, Dewey D. (2015). Phthalate exposure and childrens neurodevelopment: a systematic review. Environ Res. 2015; 142: 51–60. DOI:
Ejaredar M, Lee Y, Roberts DJ, Sauve R, Dewey D. (2017). Bisphenol A exposure and children’s behavior: a systematic review. J Expo Sci Environ Epidemiol. 27(2): 175–183. DOI:
Engel SM, Miodovnik A, Canfield RL, et al. (2010). Prenatal phthalate exposure is associated with childhood behavior and executive functioning. Environ Health Perspect. 118(4): 565–571. DOI:
Engel SM, Villanger GD, Nethery RC, et al. (2022). Prenatal phthalates, maternal thyroid function, and risk of attention-deficit hyperactivity disorder in the Norwegian mother and child cohort. Environ Health Perspect. 2022; 126(5): 057004.
Ethier AA, Muckle G, Jacobson SW, Ayotte P, Jacobson JL, Saint-Amour D. (2015). Assessing new dimensions of attentional functions in children prenatally exposed to environmental contaminants using an adapted Posner paradigm. Neurotoxicol Teratol. 2015; 51: 27–34. DOI:
Etzel RA. (2020). The special vulnerability of children. Int J Hyg Environ Health. 2020; 227: 113516. DOI:
Evans SF, Kobrosly RW, Barrett ES, et al. (2014). Prenatal bisphenol A exposure and maternally reported behavior in boys and girls. Neurotoxicology. 45: 91–99. DOI:
Factor-Litvak P, Insel B, Calafat AM, et al. (2014). Persistent associations between maternal prenatal exposure to phthalates on child IQ at age 7 years. PLOS ONE. 9(12): e114003.
Fu X, Xu J, Zhang R, Yu J. (2020). The association between environmental endocrine disruptors and cardiovascular diseases: a systematic review and meta-analysis. Environ Res. 187: 109464–109464.
Giuliani A, Zuccarini M, Cichelli A, Khan H, Reale M. (2020). Critical review on the presence of phthalates in food and evidence of their biological impact. Int J Environ Res Public Health. 17(16): 5655.
Gore AC, Chappell VA, Fenton SE, et al. (2015). Executive summary to EDC-2: The Endocrine Society’s second scientific statement on endocrine-disrupting chemicals. Endocr Rev. 2015; 36(6): 593–602.
Grandjean P & Landrigan PJ (2014). Neurobehavioural effects of developmental toxicity. Lancet Neurol. 13(3): 330–338.
Inadera H. (2015). Neurological effects of bisphenol A and its analogues. Int J Med Sci. 12(12): 926–936.
Jacobson JL, Jacobson SW, Humphrey HE. (1990). Effects of exposure to PCBs and related compounds on growth and activity in children. Neurotoxicol Teratol. 12(4): 319–326.
Kassotis CD, Vandenberg LN, Demeneix BA, Porta M, Slama R & Trasande L. (2020). Endocrine-disrupting chemicals: economic, regulatory, and policy implications. Lancet Diabetes Endocrinol. 8(8): 719–730.
Lam J, Lanphear BP, Bellinger D, et al. (2022). Developmental PBDE exposure and IQ/ADHD in childhood: a systematic review and meta-analysis. Environ Health Perspect. 2022; 125(8): 086001.
Landrigan PJ, Fuller R, Fisher S, et al. (2019). Pollution and children’s health. Sci Total Environ. 2019; 650:2389–2394.
Landrigan PJ, Raps H, Cropper M, Bald C, Brunner M, Canonizado EM, Charles D, Chiles TC, Donohue MJ, Enck J, Fenichel P, Fleming LE, Ferrier-Pages C, Fordham R, Gozt A, Griffin C, Hahn ME, Haryanto B, Hixson R, Ianelli H, James BD, Kumar P, Laborde A, Law KL, Martin K, Mu J, Mulders Y, Mustapha A, Niu J, Pahl S, Park Y, Pedrotti M-L, Pitt JA, Ruchirawat M, Seewoo BJ, Spring M, Stegeman JJ, Suk W, Symeonides C, Takada H, Thompson RC, Vicini A, Wang Z, Street ME & Bernasconi S. (2020). Endocrine-disrupting chemicals in human fetal growth. Int J Mol Sci. 21(4): 1430.
Lebel C & Deoni S. (2018). The development of brain white matter microstructure. NeuroImage. 182: 207–218.
Li N, Papandonatos GD, Calafat AM, et al. (2019). Identifying periods of susceptibility to the impact of phthalates on children’s cognitive abilities. Environ Res. 172: 604–614.
Manzoor, M.F.; Tariq, T.; Fatima, B.; Sahar, A.; Tariq, F.; Munir, S.; Khan, S.; Modassar Ali Nawaz Ranjha, M.M.A.N.; Sameen, A.; Zeng, X.-A. & Ibrahim, S.A. (2022). An insight into bisphenol A, food exposure and its adverse effects on health: A review. Front Nutr. 2022; 9: 1047827. Published online 2022 Nov 3.
Moreno-Gómez-Toledano R, Arenas MI, Vélez-Vélez E, et al. (2021). Bisphenol A exposure and kidney diseases: systematic review, meta-analysis, and NHANES 03–16 study. Biomolecules. 11(7):1046.
Oladipe TT & Uadia PO. (2022). Occupational exposure to bisphenol A (BPA) is a risk factor for coronary heart disease. J Health Sci. 12(1): 1–6.Street ME, Bernasconi S. (2020). Endocrine-disrupting chemicals in human fetal growth. Int J Mol Sci. 21(4): 1430.
Patandin S, Lanting CI, Mulder PG, Boersma ER, Sauer PJ, Weisglas-Kuperus N. (1999). Effects of environmental exposure to polychlorinated biphenyls and dioxins on cognitive abilities in Dutch children at 42 months of age. J Pediatr. 134(1): 33–41.
Perera F, Vishnevetsky J, Herbstman JB, et al. (2012). Prenatal bisphenol a exposure and child behavior in an inner-city cohort. Environ Health Perspect. 120(8): 1190–1194.
Ponsonby AL, Symeonides C, Saffery R, et al. (2020). Prenatal phthalate exposure, oxidative stress-related genetic vulnerability and early life neurodevelopment: a birth cohort study. NeuroToxicology. 2020; 80: 20–28.
Radke EG, Braun JM, Nachman RM, Cooper GS. (2019). Phthalate exposure and neurodevelopment: a systematic review and meta-analysis of human epidemiological evidence. Environ Int. 137:105408.
Rauh VA & Margolis A. (2016). Research review: environmental exposures, neurodevelopment and child mental health – new paradigms for the study of brain and behavioral effects. J Child Psychol Psychiatry. 57(7): 775–793.
Swan SH, Liu F, Hines M, et al. (2010). Prenatal phthalate exposure and reduced masculine play in boys. Int J Androl. 33(2): 259–269.
environmental toxicants: epigenetics as an underlying mechanism. Int J Genomics. 2017; 2017: 7526592.
Trasande L, Liu B & Bao W. (2022). Phthalates and attributable mortality: a population-based longitudinal cohort study and cost analysis. Environ Pollut. 292(Pt A): 118021.
Vreugdenhil HJI, Lanting CI, Mulder PGH, Boersma ER, Weisglas-Kuperus N. (2002). Effects of prenatal PCB and dioxin background exposure on cognitive and motor abilities in Dutch children at school age. J Pediatr. 140(1): 48–56.
Wang, Y. & Qian, H. (2021). Phthalates and Their Impacts on Human Health. Healthcare (Basel). 2021 May; 9(5): 603.
World Health Organization, Food and Agriculture Organization of the United Nations. (2023). Joint FAO/WHO Expert Meeting to Review Toxicological and Health Aspects of Bisphenol A: Final Report, Including Report of Stakeholder Meeting on Bisphenol A, 1–5 November 2010, Ottawa, Canada. 2011; 1–60.
Yilmaz B, Terekeci H, Sandal S, Kelestimur F. (2020). Endocrine disrupting chemicals: exposure, effects on human health, mechanism of action, models for testing and strategies for prevention. Rev Endocr Metab Disord. 21(1): 127–147.
