Tegnologie & Fisika Take (meganies, elektronies, hidroulies)

Die wêreld - verstaanbaar, kosbaar, noodsaaklik.

Tegnologie & Fisika Take (meganies, elektronies, hidroulies)

July 27, 2023 Doen dit self 0

Blits Elektries en Hardeware in Pretoria verskaf taakstelle met materiale vir tegnologie en fisika skooltake.

Dit is die ideale oplossing vir ouers wat saans moeg van die werk huis toe kom net om te hoor dat hul kind ‘n taak die volgende week moet inhandig en nie die tyd kry of weet waar om te begin soek vir katrolle, ratte, skakelare, liggies, elektriese motortjies ens. nie.

Elke taakstel kom met al die andersins moeilik bekombare onderdele om die taak te bou.  Meestal hoef jy net die gom, of ‘n algemene item of twee, wat jy andersins sou weggegooi het, te verskaf.  Die instruksies is duidelik en die stelle is verbasend billik.

Blits is op die hoek van 34ste Laan en Cunningham in Villieria, Pretoria, geleë, maar is bereid om die taakstelle na mense te pos.

Navrae: Jandri Britz 081 811 6292  jandri@blitspta.co.za

 

error: Content is protected !!