Dit is in die lug
As mens genoeg geld het kan jy die kos kies wat jy eet, as jy genoeg weet kan jy kies watter water jy drink, maar jy het geen keuse as om die lug om jou in te asem nie.
Lugbesoedeling is ‘n stille moordenaar waarvan meeste mense bykans niks weet nie en hulle dus nie daaroor bekommer nie. Meestal raak mense vaagweg bewus van lugbesoedeling as hulle op ‘n koue wintersoggend op die N1 deur die dal suid van Midrand ry en mens sien hoe die pad onder ‘n digte rookmisbank verdwyn, of as mens deur Mpumalanga ry en mens sien hoe hang die rookwolke so oor die kragsentrales. Dikwels is lugbesoedeling egter reukloos en kleurloos en dikwels is hierdie stowwe in jou huis en by jou werk sonder dat jy eens dit agterkom – behalwe vir die kuggie en die krapperige keel en die benoudheid op jou bors wat nie wil weggaan nie.
Lugbesoedeling is die vierde grootste rede vir onnattuurlike dood naas dieëtprobleme, hartvatsiektes en rook. Wêreldwyd sterf meer as 6.5 miljoen mense jaarliks weens siektetoestande wat aan lugbesoedeling toeggeskryf word. Daar is jaarliks ‘n toename aan sterftegevalle weens lugbesoedeling wat terselfdertyd wêreldwyd aan die toeneem is.
Bronne van lugbesoedeling
Lugbesoedeling sluit gevaarlike gasse en fyn besoedelstofdeeltjies in wat deur van natuurlike en mensgemaakte bronne afkomstig is. Natuurlike bronne van lugbesoedeling sluit rook en fyn besoedelstofdeeltjies van veldbrande, as en gas van vulkane en metaangas, wat uit moerasse en ontdooiende ysgrond ontsnap, in. Mensgemaakte lugbesoedeling sluit die uitlaatgasse en fyn besoedelstofdeeltjies van steenkool-brandende kragsentrales, fabrieke en voertuie in.
Uitlaatgasse van voertuie bevat osoon, koolstofdioksied, koolstofmonoksied, stikstofoksied, swaeloksied, vlugtige organiese verbindings (VOO), polisikliese aromatiese koolwaterstowwe (PAK) en fyn besoedelstofdeeltjies (2.5 nanometer (nm) of kleiner).
Die fyn besoedelstofdeeltjies in lugbesoedeling wat deur sigaretrook, fabrieke, kragopwekkers, veldbrande en voertuie afkomstig is, bestaan uit sulfate, nitrate, koolstof en mineraalstof. Van hierdie klein besoedelstofdeeltjies is tot 30 keer kleiner as die deursnit van ‘n haar, en word diep in die longweefsel ingeasem waar dit tot ernstige gesondheidsprobleme lei en is een van die grootste oorsaak van respiratoriese siektes wat mense se dood veroorsaak.
Vlugtige organiese verbindings kom in gasvorm in kamertemperatuur voor. Vlugtige organiese verbindings kom van sekere verwe, skoonmaakmiddels, insekgiwwe, sekere meubels, gom en die verbranding van petrol en natuurlike gas.
Polisikliese aromatiese koolwaterstowwe is organiese verbindings is van die ergste kankervormende bedoedelstowwe. PAKs word tydens die verbranding van brandstowwe voor maar word ook tydens die vervaardiging van staal, yster- en rubberprodukte vrygestel.
Hoe beïnvloed lugbesoedeling ons gesondheid?
Lugbesoedeling veroorsaak oksidatiewe stres en ontsteking in selle en wat met kroniese siektes soos hoë bloeddruk, hartvatsiektes, lugwegsiektes, diabetes, vetsug, kanker en voortplanting-, senuwee- en immuunstelsel-siektes verbind word. Lugbesoedeling word as een van die grootste oorsake van sterftes weens onnatuurlike oorsake geïdentifiseer (Institute for Health Metrics and Evaluation, 2020).
Kanker
In ‘n studie van meer as 57 000 vrouens het getoon dat vrouens meer geneig is om borskanker te kry as hulle naby groot paaie bly. In ‘n ander studie was daar ‘n verband tussen borskanker en die blootstelling aan metieleenchloried, wat in spuitkannetjies en verfstropers gebruik word, gevind. ‘n Studie wat in 2000-2016 gedoen is, toon ‘n duidelike verband tussen longkanker en koolsuurgas in die lug (White et al., 2019). Daar was ‘n toename in die gevalle van borskanker vanaf 1935 tot 2015, veral onder vrouens onder 40 jaar (Gabet et al., 2021).
Bloedvatsiektes
Blootstelling aan fyn besoedelstofdeeltjies belemmer bloedvatfunksies en versnel die verkalking van bloedvate. ‘n Verband tussen daaglikse blootstelling aan stikstofoksied en beroerte is gevind. Voertuiguitlaatgasse veroorsaak hoë bloeddruk in swanger vrouens wat hulle en hul ongebore baba se lewens bedreig (Kioumourtzoglou et al., 2019).
Respiratoriese siektes
Lugbesoedeling kan longontwikkeling van babas belemmer en word met emfiseem, asma en ander respiratoriese siektes soos chroniese obstruktiewe pulmonêre siekte verbind. Blootstelling aan fyn besoedelstofdeeltjies en stikstofoksied veroorsaak chroniese bronchitis. Daar is ‘n direkte korrelasie tussen verstedeliking en asma (Rodriguez et al., 2019). Blootstelling aan fyn besoedelstofdeeltjies en osoon is van die hoofoorsake van asma.
Die effek van lugbesoedeling op kinders
Navorsing toon dat kinders wat aan lugbesoedeling blootgestel word asma ontwikkel, meer geneig is tot bronchitis en permanente longskade kan opdoen.
Blootstelling aan fyn besoedelstofdeeltjies tydens kindertyd kan selfs die breinstruktuur van kinders verander wat ‘n negatiewe impak op die brein en kognitiewe en emosionele ontwikkeling van kinders het. Kinders wat so aangetas is het probleme met aandagafleibaarheid, emosionele prosessering, geheue, spraakontwikkeling en logika (Burnor et al., 2021). Swanger vrouens se blootstelling aan lugbesoedeling veral in die derde trimester kan veroorsaak dat hulle babas met lae geboortegewig het, die kanse dat die kind outisme sal he verdubbel en dat hulle kinders van kleins af hoë bloeddruk sal he.
Die effek van lugbesoedeling op ouer mense
Lugbesoedeling is geïdentifiseer as een van die oorsake van Alzheimers, Parkinsons se siekte en dimensie in ouer mense (Li et al., 2024). Selfs ‘n klein verskil in die hoeveelheid fyn besoedelstofdeeltjies waaraan mense blootgestel word, kan tot groot negatiewe gesondheidsimpakte lei. Navorsers het bevind dat chroniese blootstelling aan slegs 1 mikrogram fyn besoedelstofdeeltjies per kubieke meter meer in sekere gebiede, tot ‘n toename in demensie en Altzheimer onder inwoners van daardie gebied lei (Livingston et al., 2020; Shaffer et al., 2021).
Blootstelling aan lugbesoedeling, veral chroniese blootstelling aan voertuiguitlaatgasse, het ook ‘n negatiewe impak op die fisiese gesondheid van ouer mense soos die ontwikkeling van osteoporose (Nguyen, 2017).
Wat kan jy doen?
Vermy onnodige blootstelling aan rook en gasse. Rook van sigarette, vuur en uitlaatgasse het fyn besoedelstofdeeltjies en chemiese verbindings wat jou gesondheid onherroeplike skade kan aandoen. Ek is regtig jammer vir die mense wat weens hul lewensomstandighede in Mpumalanga naby kragsentrales moet bly en werk. Mpumalanga het van die vuilste lug in die wêreld en talle mense wat daar bly sukkel met gesondheidsprobleme (Millar et al., 2022). Suid-Afrika is die grootste lugbesoedelaar in Afrika en die twaalfde grootste in die wêreld (National Treasury, 2010).
Plant soveel struike en bome as wat jy kan in jou tuin. Plante absorbeer koolsuurgas en help sodoende om die lug skoner te maak. Probeer so goed as wat jy kan om nie langs besige paaie te woon, te werk, te stap of te oefen nie.
Vermy die gebruik van chemiese skoonmaakmiddels wat skadelike verbindings bevat (American Lung Association, 2024). Oondskoonmakers kan byvoorbeeld erge lugwegonsteking veroorsaak. Die gasse van skoonmaakmiddels en verf is veral gevaarlik vir ongebore babas (Chang et al., 2011; Hjortebjerg et al., 2012).
Vermy die inaseming van gifstowwe – vermy trouens heeltemal die gebruik van gifstowwe veral as jy swanger is of ‘n baba in die huis het (Sarwar & Lee, 2016). Lees bietjie die fyn skrif op die aanwysings op die gifstofpakkie wanneer jy goed in die kas sit om jou klere teen motte te beskerm – daar staan dit duidelik in 1 mm grote letters: “do not handle when you are pregnant”. Nerens staan daar dat jy moet ophou asemhaal nie.
Lugverfrissers en reukweerders is ‘n kommerwekkende bron van skadelike chemikalieë wat mense wat aan asma ly se gesondheid erg kan belemmer (Steinemann, 2017). Dikwels kom mense in ‘n vertrek of hotelkamer met so ‘n boksie wat elke nou en dan chemikalieë in die lug spuit om dit te “verfris” tot jy na ‘n uur of so met ‘n hoofpyn en toetrekbors sit. Eerstens moet dit nie koop nie, en as dit nie joune is nie, haal die batterye uit die ding of sit dit iewers soos buite op die stoep of in die garage waar jy nie daaraan blootgestel hoef te word nie. Lugverfrissers het talle gevaarlike chemikalieë in wat mens nie veronderstel is om in te asem nie vanaf benzien en ftalate tot formaldehied (Made Safe, 2020).
Ek kon nog nooit verstaan hoe mense kan dink dat deur om ekstra chemikalieë in die lug te spuit dit die poefreuk in ‘n toilet of sigaretrook in ‘n vertrek kan verbloem nie, want ek ruik gewoonlik beide die chemikalieë en die afstootlike reuk terselfdertyd. Niks word verfis nie en geen van die afstootlike molekules word uit die lug verwyder nie. Dit laat my dink aan ‘n omie wat ek baie jare terug geken het. Hy het erg aan emfiseem gely en is later daarvan oorlede. Hy kon skaars die paar treë tussen die suurstofsillinder by sy bed tot die suurstofsillinder in die sitkamer loop. Maar elke keer wat ek vir hom gaan kuier het sal hy ‘n sigaret aansteek en so al om die beurt het hy aan sy sigaret geteug en dan weer ‘n teug suurstof deur sy gesigmasker geneem. In alle deernis vra ek hom toe eendag: “maar hoekom rook Oom nog steeds?” Hy antwoord my ernstig: “Man, hierdie is mentol sigarette – ek rook dit juis om my longe oop te maak”.
Verwysings:
American Lung Association (2024). Cleaning Supplies and Household Chemicals.
Burnor, E.; Cserbik, D.; Cotter, D.L.; Palmer, C.E.; Ahmadi, H.; Eckel, S.P.; Berhane, K.l.; McConnell, R.; Chen, J.C.; Schwartz, J.; Jackson, R. & Herting, M.M. (2021). Association of outdoor ambient fine particulate matter with intracellular white matter microstructural properties among children. JAMA Netw Open 4(12):e2138300.
Chang, M-H.; Ha, E-H.; Park, H.; Ha, M.; Kim, Y.J.; Hong, Y-C.; Kim, Y.; Roh, Y-M.; Lee, B-E.; Seo, J-H.; Kim, B-M. (2011). The Effect of VOCs Exposure During Pregnancy on Newborn’s Birth Weight in Mothers and Children’s Environmental Health (MOCEH) Study. Epidemiology 22(1):p S162-S163.
Gabet, S.; Lemarchand, C.; Guénel, P. & Slama, R. (2021). Breast cancer risk in association with atmospheric pollution exposure: A meta-analysis of effect estimates followed by a health impact assessment. Environ Health Perspect. 129(5):57012.
Hjortebjerg, D.; Nybo Andersen, A-M.; Garne, E.; Raaschou-Nielsen, O. & Sørensen, M. (2012). Non-occupational exposure to paint fumes during pregnancy and risk of congenital anomalies: a cohort study. Environmental Health 11 (54)
Institute for Health Metrics and Evaluation (2020) Air pollution.
Kioumourtzoglou, M-A.; Raz, R.; Wilson, A.; Fluss, R.; Nirel, R.; Broday, D.M.; Yuval; Hacker, M.R.; McElrath, T.F.; Grotto, I.; Koutrakis, P. & Weisskopf, M.G. (2019). Traffic-Related Air Pollution and Pregnancy Loss. Epidemiology 30 (1): 4–10.
Li, Z.; Liang, D.; Ebelt, S.; Gearing, M.; Kobor, M.S.; Konwar, C.; Maclsaac, J.L.; Dever, K.; Wingo, A.P.; Levey, A.I.; Lah, J.J.; Wingo, T.S. & Hüls A. (2024). Differential DNA methylation in the brain as potential mediator of the association between traffic-related PM2.5 and neuropathology markers of Alzheimer’s disease. Alzheimers Dement; doi: 10.1002/alz.13650.
Livingston, G.; Huntley, J.; Sommerlad, A.; Ames, D.; Ballard, C.; Banerjee, S.; Brayne, C.; Burns, A.; Cohen-Mansfield, J. Cooper, C.; Costafreda, S.G.; Dias, A.; Fox, N.; Gitlin, L.N.; Howard, R.; Kales, H.C.; Kivimäki, M.; Larson, E.B.; Ogunniyi, A.; Orgeta, V.; Ritchie, K.; Rockwood, K.; Sampson, E.L.; Samus, Q.; Schneider, L.S.; Selbæk, G.; Teri. L. & Mukadam, N. (2020). Dementia prevention, intervention, and care: 2020 report of the Lancet Commission. Lancet 396(10248):413-446.
Made Safe (2020). Toxic Chemicals in Air Fresheners.
Millar, D.A.; Kapwata, T.; Kunene, Z.; Mogotsi, M.; Wernecke, B.; Garland, R.M.; Mathee, A.; Theron, L.; Levine, D.T.; Ungar, M.; Batini, C.; John, C. & Wright, C.Y. (2022). Respiratory health among adolescents living in the Highveld Air Pollution Priority Area in South Africa. BMC Public Health. 2022; 22: 2136.
National Treasury, RSA (2010). Reducing Greenhouse Gas Emissions: The Carbon Tax Option.
Nguyen, T.V. (2017). Air pollution: a largely neglected risk factor for osteoporosis. Lancet 1(8) E311-E312.
Rodriguez, A.; Brickley, E.; Rodrigues, L.; Normansell, R.A.; Barreto, M. & Cooper, P.J. (2019). Urbanisation and asthma in low-income and middle-income countries: a systematic review of the urban-rural differences in asthma prevalence. Thorax 74(11):1020-1030.
Sarwar, M. & Lee, A. (2016). Indoor risks of pesticide uses are significantly linked to hazards of the family members. Cogent Medicine 3 (1): 1155373
Shaffer, R.M.; Blanco, M.N.; Li, G.; Adar, S.D.; Carone, M.; Szpiro, A.A.; Kaufman, J.D.; Larson, T.V.; Larson, E.B.; Crane, P.K. & Sheppard, S. (2021). Fine particulate matter and dementia incidence in the Adult Changes in Thought Study. Environ Health Perspect 129(8):87001.
Steinemann, A. (2017). Fragranced consumer products: effects on asthmatics. Air Qual Atmos Health 11(1): 3–9.
White, A.J.; Keller, J.P.; Zhao, S. Carroll, R.; Kaufman, J.D. & Sandler, D.P. (2019). Air pollution, clustering of particulate matter components, and breast cancer in the Sister Study: a U.S.-wide cohort. Environ Health Perspect. 127(10):107002.
