8. Kweekhuisgasse: Metaangas
Kweekhuisgasse: Metaangas
François Durand
Alle kos kom direk of indirek van fotosintese. Ongeveer 1.67 miljard hektaar word wêreldwyd vir landbou gebruik1. Ongeveer 12% en 26% van die kontinentale ysvrye land-oppervlakte op aarde word onderskeidelik vir die verbouing van gewasse en veeweiding gebruik2. Daar word bereken dat jaarliks gemiddeld nog ‘n verdere 6 miljoen hektaar natuurlike veld en woude in landerye omskep word3.
Ongelukkig bedoel dit ook dat die ekologie, in die gebied wat vir landbou gebruik word, vernietig word. Die plante en diere wat oorspronklik in ‘n gebied voorgekom het, word eenvoudig uitgewis wanneer die veld skoongemaak word vir die kweek van gewasse. Ongelukkig word die riviere, grondwater en die grond self oorbenut en met landbouchemikalieë vergif, wat ‘n veel groter gebied as die landbouarea ekologies impakteer4 5.Ongeveer 60% van metaangasvrystellings, word deur menslike of antropogeniese aktiwiteite veroorsaak. Drie tipes antropogeniese aktiwiteite dra tot meer as helfte van die metaangas, wat jaarliks in die atmosfeer vrygestel word, by. Die belangrikste bronne van antropogeniese metaangasuitlatings is: boerderyaktiwiteite (40%), fossielbrandstowwe (35%) en afvalhope en afvalwater (20%)6.

Boerderye is die bron van drie kweekhuisgasse: koolsuurgas, metaan en stikstofdioksied waarvan die een erger as die ander is. Metaangas se impak as kweekhuisgas is 28 keer groter as dié van koolsuurgas en stikstofdioksied se effek op die atmosfeer is 265 keer groter as dié van koolsuurgas7.
Die skuld vir die grootste deel van metaangasvrystelling van boerderye word meestal voor die deur van beesboerdery gelê. Een van die grootste wanpersepsies oor voedselproduksie wat deesdae al hoe meer algemeen in die media en selfs navorsingsreferate voorkom, is dat mense eerder groente as vleis moet eet om die planeet te red8. Die hoofrede wat aangevoer word is dat vleisproduksie die grootste bydrae tot kweekhuisgasse is9. Beeste, wat soos alle herkouers, metaangas as deel van die herkouingproses uitbraak, word as die grootste bron van hierdie enteriese besoedeling beskou, en wat vir 32% van die metaangasvrystellings van boerderyaktiwiteite verantwoordelik is6.
Wat die vleiskritici uit die oog verloor, is dat daar tot ‘n eeu of twee gelede, reuse troppe bokke oorspronklik op die graslande en savannas en bossieveld in Suid-Afrika gewei het. Hierdie wild is grootliks gedurende die vorige eeue deur jagters uitgewis10. Hierdie bokke (wat buffels en bisons insluit), het net soveel metaangas as die beeste en skape wat nou daar loop, vervaardig voor mense hulle uitgeskiet het. Beeste herstel juis die ekologie, terwyl miljoene hektare se grasvelde en omliggende landskappe wêreldwyd deur landbou vernietig is11 12 13.
Grasvelde, wat as weiding gebruik word, bevat in vergeleke met landerye nog baie van die ekologiese komponente wat oorspronklik daar voorgekom het. Die aspek van die grasvlakte en savanna-ekologie, wat die ergste deur antropogeniese aktiwiteite benadeel is, is die uitwissing van die groot soogdiere wat oorspronklik daar voorgekom het. Hierdie soogdiere, en veral die bokke en zebras, het oorspronklik ‘n reuse rol in die instandhouding van die grasveldekologie gespeel.
Bees-, skaap- en bokboerdery herstel die grasveldekologie tot ‘n mate deurdat hierdie gedomestiseerde spesies die gras vreet, mis in die grond intrap en ‘n magdom diere direk en indirek met hul mis, sweet, bloed, uriene en karkasse onderhou. Die bosluise, luise, vlieë, kewers en hul larwes wat hierop voed is weer die voedsel vir visse, paddas, akkedisse, voëls en insekvretende soogdiere. In hierdie semi-herstelde ekostelsel speel die mens, in die afwesigheid van die soogdier-karnivore soos leeus, hiënas, luiperds en wildehonde, wat ons uitgewis het, die rol van die predator en aasdier. In hierdie aangepaste ekostelsel omskep beeste, skape en bokke wêreldwyd 2.7 miljard ton plantmateriaal, wat in plekke voorkom wat nie vir landbou geskik is nie, in eetbare proteïene wat deur mense benut word, terwyl hulle terselfdertyd ‘n lewensbelangrike ekologiese rol speel14 15.
Beeste wat met mielies in voerkrale gevoer word, is egter selfs meer ekologies destruktief, omdat hulle met mielies gevoer word wat op landerye gekweek word waar die ekologie totaal vernietig is en wat dan verder nog met kunsmis bemes word en met gifstowwe behandel word. Ongeveer ‘n derde van die graan wat jaarliks vervaardig word, word vir diervoer gebruik16. Metaangasproduksie van beeste wat op weivelde voorkom, word gediskonteer teenoor die allerbelangrike ekologiese rol wat hulle vervul. Die ekologie trek egter geen voordeel uit gewasproduksie nie.
Koolsuurgas, metaan en stikstofdioksied word, onder andere deur verotting van dooie plantmateriaal en organiese materiaal in die grond en die kap en brand metode van ontbossing vir landbougrond en verbranding van plantmateriaal, op plase vrygestel. Die bestuur van landbougrond, die drooglegging van vleilande en die toediening van bemesting is ook groot bronne van kweekhuisgasse17 18. Ryslande is verantwoordelik vir 9-11% van metaangasvrystellings wat van boerderyaktiwiteite afkomstig is6 17. Van die grootste bronne van metaangas en stikstofdioksied wat van boerderyaktiwiteite afkomstig is, word deur bemesting van landerye met mis (15%) en kunsmis (12%) vrygestel17 19. Die verbranding van landbouafval, kap-en-brand van bosse vir landbougrond en die gebruik van biobrandstof dra tot nog 6-12 % van metaan en stikstofdioksied van die boerderysektor by17.

Daar word bereken dat ongeveer ‘n derde van die kos wat wêreldwyd vervaardig word, uiteindelik nie geëet word nie en dus vermors word (Vilariño et al., 2017). Kaloriegewys dra graan teen 53% vermorsing die meeste hiertoe by, gevolg deur wortels en knolle (14%), vrugte en groente (13%) en vleis (7%). Gewigsgewys, word tot 44% vrugte en groente en 20% wortels en knolle vermors (Food and Agriculture Organization, 2011). Vleiskritici ignoreer die feit dat organiese materiaal in afvalhope, wat hoofsaaklik uit verboude gewasse bestaan, reuse hoeveelhede metaangas en koolsuurgas afskei en die grootste deel van die 20% van die jaarlikse antropogeniese metaangasbesoedeling, wat deur afvalhope afgeskei word, bydra1.
Wanneer al die voor- en nadele van vleisproduksie teenoor gewasproduksie opgeweeg word, is dit duidelik dat gewasproduksie ‘n veel groter negatiewe impak op die natuur as vleisproduksie het. Dit is egter belangrik om te let op die feit dat hoenders wêreldwyd by verre die grootste bron van dierproteïene is en nie beesvleis nie. Die metaangasvrystellings van hoenders, vis en varke is ook by verre minder as dié van herkouers soos beeste, skape en bokke14 21. Hierdie feit maak die hele poging om die vegetariese dieët as die meer verantwoordelike ekologiese keuse voor te hou, belaglik. Die grootste bydrae wat hoenders ten opsigte van ekologiese vernietiging het, is die feit dat hulle wêreldwyd met graan gevoer word, terwyl varke met afvalgroente en -vrugte, wat andersins op afvalhope sou land en daar metaangas vrystel, gevoer kan word.
Verwysings:
- Food and Agriculture Organization (2020). Land use in agriculture by the numbers. Food and Agriculture Organization of the United Nations, Rome. https://www.fao.org/sustainability/news/detail/en/c/1274219/#:~:text=Global%20trends,and%20pastures)%20for%20grazing%20livestock.
- Science Communication Unit, University of the West of England, Bristol (2013). Science for Environment Policy In-depth Report: Sustainable food. Report produced for the European Commission DG Environment. http://ec.europa.eu/science-environment-policy
- Deinlinger, K. & Byerlee, D. (2011). Rising global interest in farmland: can it yield sustainable and equitable benefits? Washington: The International Bank for Reconstruction and Development / The World Bank. https://www.sifi.se/wp-content/uploads/2011/02/Rising-global-interest-in-farmland-WB.pdf
- Pimental, D. & Levitan, L. (1986). Pesticides: amounts applied and amounts reaching pests. BioScience 36(2):86-91.
- Relyea, (2005). The impact of insecticides and herbicides on the biodiversity and productivity of aquatic communities. Ecological Applications 15(2):618–627.
- Ravishankara, A.R.; Kuylenstierna, J.C.I.; Michalopoulou, E.; HöglundIsaksson, L.; Zhang, Y.; Seltzer, K.; Ru, M.; Castelino, R.; Faluvegi, G.; Naik, V.; Horowitz, L.; He, J.; Lamarque, J-F; Sudo, K.; Collins, W.J.; Malley, C.; Harmsen, M.; Stark, K.; Junkin, J.; Li, G.; Glick, A. & Borgford-Parnell, N. (2021). Global Methane Assessment: Benefits and Costs of Mitigating Methane Emissions. United Nations Environment Programme and Climate and Clean Air Coalition. Nairobi: United Nations Environment Programme. https://www.unep.org/resources/report/global-methane-assessment-benefits-and-costs-mitigating-methane-emissions
- Myhre, G.; D. Shindell, F.-M.; Bréon, et al. (2013). Anthropogenic and Natural Radiative Forcing. In: Stocker, T.F.; Qin, D.; Plattner G-K.; Tignor, M.; Allen, S.K.; Boschung, J.; Nauels, A.; Xia, Y.; Bex V. & Midgley P.M. (eds.). Climate Change 2013: The Physical Science Basis. Contribution of Working Group I to the Fifth Assessment Report of the Intergovernmental Panel on Climate Change, Cambridge University Press, Cambridge, United Kingdom and New York, NY, USA.
- Eshel, G.; Stainier, P.; Shepon, A. & Swaminathan, A. (2019). Environmentally Optimal, Nutritionally Sound, Protein and Energy Conserving Plant Based Alternatives to U.S. Meat. Scientific Reports 9, Article number: 10345. https://doi.org/10.1038/s41598-019-46590-1
- Chang, J.; Peng, S.; Ciais, P.; Saunois, M.; Dangal, S.R.S.; Herrero, M.; Havlík, P.; Tian, H. & Bousquet, P. (2019). Revisiting enteric methane emissions from domestic ruminants and their δ13CCH4 source signature. Nature Communications, 31 July 2019.
- Stassen, N. (2010). Die Dorslandtrekke na Angola en die redes daarvoor (1874-1928). Historia 55(1):32-54.
- Ramankutty, N., Evan, A.T., Monfreda, C. & Foley, J.A. (2008) Farming the planet. Geographic distribution of global agricultural lands in the year 2000. Global Biogeochemical Cycles 22 (1), DOI:10.1029/2007GB002952.
- Kleijn, D.; Kohler, F.; Báldi, A.; Batáry, P.; Concepción, E.D.; Clough, Y.; Díaz, M.; Gabriel, D., Holzschuh, A.; Knop, E.; Kovács, A.; Marshall, E.J.P.; Tscharntke, T. & Verhulst, J. (2009). On the relationship between farmland biodiversity and land-use intensity in Europe. Proceedings of the Royal Society 276(1658): 903-909.
- Corbeels. M. (2012). Agro-ecological attributes of Conservation Agriculture for sustainable land use. The International Symposium Agriculture and the Environment, 2012. http://library.wur.nl/ojs/index.php/AE2012/article/view/12448/12595
- Poore, J. & Nemecek, T. (2018). Reducing food’s environmental impacts through producers and consumers. Science 360(6392):987-992.
- Teague, R. & Kreuter, U (2020). Managing grazing to restore soil health, ecosystem function, and ecosystem services. In: Livestock production and the functioning of agricultural ecosystems: Volume I., Frontiers in Sustainanable Food Systems 29, https://doi.org/10.3389/fsufs.2020.534187
- Godfray, H.C.J.; Beddington, J.R.; Crute, I.R.; Haddad, L.; Lawrence, D.; Muir, J.F.; Pretty, J.; Robinson, S.; Thomas, S.M. & Toulmin, C. (2010). Food security: the challenge of feeding 9 billion people. Science 327, 812 (5967):812-818.
- Smith P.; Bustamante, M.; Ahammad, H.; Clark, H.; Dong, H.; Elsiddig, E.A.; Haberl, H.; Harper, R.; House, J.; Jafari, M.; Masera, O.; Mbow, C.; Ravindranath, N.H.; Rice, C.W.; Robledo Abad, C.; Romanovskaya, A.; Sperling, F. & Tubiello, F. (2014). Agriculture, Forestry and Other Land Use (AFOLU). In: Climate Change 2014: Mitigation of Climate Change. Contribution of Working Group III to the Fifth Assessment Report of the Intergovernmental Panel on Climate Change. Edenhofer, O.; Pichs-Madruga, R.; Sokona, Y.; Farahani, E.; Kadner, S.; Seyboth, K.; Adler, A.; Baum, I.; Brunner, S.; Eickemeier, P.; Kriemann, B.; Savolainen, J.; Schlömer, S.; Von Stechow, C.; Zwickel T. & Minx, J.C. (eds.). Cambridge University Press, Cambridge, United Kingdom and New York, NY, USA.
- Grundling, P-L.; Grundling A.T.; Van Deventer, H. & Le Roux, J.P. (2021). Current state, pressures and protection of South African peatlands. Mires and Peat 27(26):1-25.
- Tian, H.; Xu, R.; Canadell, P.; Thompson, R.; Winiwarter, W.; Suntharalingam, P.; Davidson, E.; Ciais, P.; Jackson, R.B.; Janssens-Maenhout, G.; Prather, M.; Regnier, P; Pan, N.; Pan, S.; Peters, G.; Shi, H.; Tubiello, F.; Zaehle, S.; Zhou, F.; Arneth, A.; Battaglia, G.; Berthet, S.; Bopp, L.; Bouwman, A.; Buitenhuis, E.; Chang, J; Chipperfield, M.; Dangal, S.; Dlugokencky, E.; Elkins, J.; Eyre, B.; Fu, B.; Hall, B.; Ito, A.; Joos, F.; Krummel, P.; Landolfi, A.; Laruelle, G.; Lauerwald, R.; Li, W.; Lienert, S.; Maavara, T.; MacLeod, M.; Millet, D.; Olin, S.; Patra, P.K.; Prinn, R.; Raymond, P.; Ruiz, D.; Van der Werf, G.; Vuichard, N.; Wang, J.; Weiss, R.; Wells, K.C.; Wilson, C.; Yang, J. & Yao, Y. (2020). A comprehensive quantification of global nitrous oxide sources and sinks. Nature 584:248-256.
- Niggli, U.; Schmid, H. & Fliessbach, A. (2007). Organic farming and climate change. Briefing prepared by the Research Institute of Organic Agriculture FiBL, Frick, Switzerland, for the International Trade Centre ITC, Geneva, Switzerland. https://www.researchgate.net/publication/28684793_Organic_Farming_and_Climate_Change
- Gerber, P.J.; Steinfeld, H.; Henderson, B.; Mottet, A.; Opio, C.; Dijkman, J.; Falcucci, A. & Tempio, G. (2013). Tackling climate change through livestock: a global assessment of emissions and mitigation opportunities. Rome: Food and Agriculture Organization of the United Nations (FAO). 115pp.
