Paleontologie

Die wêreld - verstaanbaar, kosbaar, noodsaaklik.

(die studie van fossiele)

Suid-Afrika is een van die wonderlikste plekke op aarde as jy van fossiele hou.  Omtrent 60% van die oppervlakke van Suid-Afrika is met fossielryke gesteentes bedek.  Ons het van die oudste fossiele op aarde, van die eerste diere met been, omtrent 70% van die soogdieragtige reptiele op aarde, van die oudste dinosouriërs op aarde en meer hominien fossiele as die res van die wêreld saam.   Die bestaan van Gondwanaland was deur middel van Suid-Afrikaanse fossiele ontdek.  Ons reuse steenkoolafsettings was deur woude wat die grootste gedeelte van suider Afrika in die oertyd bedek het gevorm.

Fossiele word gebruik om die herkoms en evolusie en verwantskappe van organismes na te speur, om die ekologiese omstandighede van die oertyd te bepaal, die oorsprong en verspreiding van organismes te bepaal en om selfs die oriëntasie en die beweging van die kontinente in die oertyd te bepaal.

 


Wat is fossiele?

Tipes fossiele

Hoe vorm fossiele?

Hoe oud is fossiele?

 Die ontstaan van visse

Van see tot land

Die fossieljagters

Woordelys

error: Content is protected !!