Geologie

Die wêreld - verstaanbaar, kosbaar, noodsaaklik.

(die studie van gesteentes en minerale en die prosesse wat dit vorm)

Suid-Afrika het ‘n ongelooflike diversiteit van gesteentes en minerale.  Ons minerale rykdom is ongeewenaard ter wêreld – ons het een van die grootste goudafsettings ter wêreld wat ongeveer 40% van alle goud ter wêreld opgelewer het.  Goud en diamante het ‘n geweldige groot impak op die geskiedenis van Suid-Afrika gehad.  Die Bosveldstollingskompleks wat die grootste gelaagde korsintrusie in die wêreld is, bevat die meeste Platinum-groep minerale ter wêreld – ons het bv. 75% van alle Platinum in die wêreld.  Reuse steenkoolmyne verskaf steenkool aan ons kragsentrales en ons is een van die grootste steenkooluitvoerders ter wêreld.

Daarbenewens het Suid-Afrika van die oudste gesteentes ter wêreld.  Daar is oorblyfsels van die tyd toe Suid-Afrika as deel van Pangea op die Suidpool geleë was.  Die Karoo Supergroep wat meer as 50% van die oppervlakte van Suid-Afrika bedek, bevat die grootste Perm-Trias terrestriële afsetting ter wêreld.  Benewens die pragtige meteorietkrater naby Pretoria – die Tswaing krater – het ons selfs die grootste meteorietimpakstruktuur – die Vredefortkoepel – ter wêreld.

Verskillende gesteentes

Minerale en kristalle

Diamante

Goud

Karoo Supergroep

Woordelys

error: Content is protected !!